Ons tree in verbinding met kinders, ouers en gemeenskaps leiers, sodat ons die daaglikse uitdagings beter kan verstaan, en iets daaromtrent kan doen.

Die HewLin Compassion span is tans besig groot uitreikaksie in Wallacedene waar ons meer as 100 kinders met kos, klere en ook geestelike berading bedien.
Die uitreikaksie is een van verskeie wat deur die jaar aangebied word, sê Hewitt de Jager van die HewLin Compassion organisasie.
Ons doelwit is om nie net een keer by die kinders betrokke te wees en dan te verdwyn nie, maar deurlopend met hul ontwikkeling te help. Sowat 140 kinders en meer as 20 volwassenes kon in ’n veilige spasie bedrywig wees, speel en broodnodige hulp ontvang.
Verhouding bou is van uiters belang!
Ons neem die besonderhede van die ouers en die kinders, sodat ons nie net inkom en weer verdwyn nie, maar 'n langtermynverhoudinge bou met die gemeenskap.
Kinders word herhaaldelik by ons Passion Squad bygevoeg.
Van die goed wat ons doen, sluit in om veral jongmense te leer hoe om ’n CV op te stel en hulself vir ’n werkonderhoud voor te berei. Hier is tans kinders wat nie meer welkom by skole is nie en van hulle kom van die straat af. Hulle moet geleer word hoe om na hulself om te sien in die wêreld. Bewusmaking oor siektes soos tuberkulose is ook hoog op ons lys. Die volgende projek wat ons aanpak, is kunsgedrewe. Ons gaan kinders in verskeie aspekte van die kunste, soos dans en drama, oplei. Dit is belangrik dat ons hulle ook aan die mooi dinge in die lewe blootstel. Die kunsskool, onder leiding van Linzell de Jager, begin in Oktober en gaan plek hê vir juniors en seniors.
Ons bedank vir Teach Love Care Network, Shiloh Synergy, Joshua van Zijl, Joseph en Cecilia Abels, Berenice Booysen, Chaney Gabriels, Jesse Savaal, Chazno Sebastiaan, AJ Booysen en Norman Jacobs en almal wat konstant bydrae tot die sukses van die projek.
留言